Fxit
  • Die suiwer boodskap van die Bybel na die kind se wêreld in die kind se taal – vir alle Christelike kerke

    Vir Sondagskool, kategese, kinderkerk, jeugdienste, tienerbediening, skole en jeugkampe.

    KONTAK ONS
  • Leerervaring vir graad R tot 12

    Learning experiences for grade
    R to 12

    KONTAK ONS
  • Aktiewe leer bring nuwe energie
    in die Sondagskool

    Kindgetrou en Skrifgetrou

    KONTAK ONS
  • 'n Eenvoudige antwoord op
    "Wat werk vir vandag se jeug?"

    Kindgetrou en Skrifgetrou

    KONTAK ONS
WIE IS ONS
ONS STORIE
WIE IS ONS
Lize

Lize het in 1995 ‘n BCur Verpleegkunde graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Met 'n spesiale belangstelling in navorsing, het sy 15 jaar lank 'n loopbaan in die kliniese navorsingsbedryf gevolg. ʼn Hoogtepunt in haar loopbaan was om in 2010-2011 navorsing in 'n bedieningskonteks te doen. In 2016, as kinderkerkkoördineerder by Lewende Woord Centurion, het sy Petra Instituut se “Relational Children Ministry” kursus voltooi. Sedert Januarie 2020 werk sy as opleidingsfasiliteerder en navorser by Petra Instituut. Dit is juis hier waar haar pad met Susan sʼn gekruis het, met die gevolg dat Lize vanaf September 2022 as Uitgewer van FXit optree.


Lize se passie is om bedieningsleiers, onderwysers, gesinne en kinders in verskeie kontekste met kennis en vaardighede te bemagtig om so hulle skeppingsdoel met selfvertroue en in afhanklikheid van die Here uit te leef.

“Ek eer die Here vir hierdie geleentheid en soos wat daar in
1 Kor 3:6 staan, glo ek Susan het die saad geplant, ek gooi nat maar God het laat groei en sál laat groei.”


ONS STORIE

ONS STORIE

Susan Fourie, skrywer

When God wants to do an impossible task, He takes an impossible individual – and moulds him [Anon]. Juis dit was Susan se geloofservaring. Die hand wat slyp en vorm en snoei behoort aan Hom wat haar ook insig en energie gegee het – op ʼn pad vol opwinding, uitdagings en wonderlike mense!

Tersiêre studies: BA tale [Stb]; Sertifikaat: Dinamiese Kinderbediening [Petra Instituut]; Sertifikaat: Kinderbediening [UNISA].
Sy was skaars mondig toe sy by kinderbediening betrokke moes raak. As benoude vroutjie van die jong dominee word sy sommer ipso facto voorsitter van die Kinderkrans. Teen ʼn spoed begin sy lesse opstel – min wetend dat hierdie aktiwiteit haar hele toekoms sou definieer!

Dertig jaar later, in 1999, word die eerste vier reekse van Lesse wat Leef bemark – op versoek van die Vrystaatse Vrouediens van die NG Kerk. Dit word so goed ontvang dat daar spoedig ʼn aanvraag vir tienermateriaal ontstaan, waarvan die eerste reeks teen 2004 op die rak verskyn.

Dieselfde jaar besluit Bybelmedia om die FXit reeks aan te koop en as alternatiewe Sondagskoolmateriaal te versprei. Deurentyd is die produkte hersien en herdruk om by die kultuur van die moderne jeug aan te pas. Na meer as vyf dekades het Susan gevoel dis tyd om hierdie bediening aan iemand anders oor te dra. Toe het die Vader alreeds vir Lize op haar pad geplaas.

“Lize, omdat jy my passie vir kinder- en tienerbediening deel, kon ek alles net rustig in jou mandjie sit. Al ken jy nie die pad vorentoe nie, ken jy Hom wat die pad ken – wat inderdaad Self die pad is. Voorspoedige reis!”

Die mense sê

FXit programme is geskik vir Sondagskool, kategese, kinderkerk, jeugdienste, tienerbediening, skole en jeugkampe.
FXit programmes are meant for Sunday school, kids' church, teen ministry, youth services, schools and youth camps.

FXIT PAKKET AS GEHEEL

LESSE WAT LEEF

iKONEKT